3 SA bekendes deel hul allergunsteling-onderlaag

March 9, 2017

’n Goeie onderlaag is een van die belangrikste grimeerkeuses wat jy kan maak. Die SARIE-skoonheidspan het daarom met drie plaaslike sterre gepraat om te hoor op watter onderlaag hulle staatmaak om hul vel natuurlik en stralend te laat lyk.

1. Donnalee Roberts, aktrise bekend vir haar rolle in flieks soos Vir altyd en Ballade vir ’n enkeling

My gunsteling-onderlaag

“Vir films, fotosessies en geleenthede soos premières is ek versot op Temptu se Airpod Foundation. ’n Spesiale masjientjie word gebruik om die onderlaag in ’n baie fyn mis oor jou gesig aan te spuit. Dit gee letterlik ’n foutlose “airbrush”-afwerking en my vel voel nog steeds asof dit kan asemhaal. Ons het dié onderlaag in Pad na jou hart, Ballade vir ’n enkeling en Vir altyd gebruik en dit het elke dag deur al die weerstoestande en bitter lang ure op die stel perfek gehou! Ek het ook ’n klein koordlose onderlaag-masjientjie wat ek saam met my neem as ek reis en uit ’n tas moet leef. Dis klein, kompak en werk perfek vir enige geleentheid.

“Van dag tot dag hou ek daarvan om die produkreeks Heliocare se getinte vogroom te dra. As ek ’n bietjie meer bedekking wil hê, is ek mal oor die luukse produkreeks Lycogel se Breathable Camouflage-onderlaag. Buiten dat dit goeie bedekking bied met ’n gladde afwerking, het die onderlaag ’n unieke formule wat help om suurstof, vog en voedingstowwe deur die dag aan jou vel te lewer. Én dit het ’n hoë sonbeskermingsfaktor.”

My top-onderlaagwenk

“Ek glo eerstens in goeie velsorg. Maak nie saak watter onderlaag jy gebruik nie, as jou vel gesond en bevog is, sal jou onderlaag ook mooi lyk.”

Produkte: Temptu Airpod Foundation (R1 286, besoek www.temptu.co.za), Heliocare Gelcream Light SPF 50 (R355) en Lycogel Breathable Camouflage SPF 30 (R920). Albei laasgenoemde produkte is aanlyn beskikbaar by www.skinmiles.com.

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload